vi - Varia

vi - Varia #

Moeder #

Nou is sy oud en afgeleef,
    Haar rug is krom, haar hande beef —
    My moeder!
Ek weet nie wat ek nou moet doen —
Ek stuur maar elke week 'n soen —
    Aan Moeder,
    My moeder!
Waar ook my voetstap heen mag gaan,
Daar is maar een wat my verstaan —
    My moeder!
Ek weet my moeder bid vir my —
O, Heer, sien neer in medely
    Op Moeder,
    My moeder!

Mother #

Vertaling deur A.].B.

Ah, she is worn out now and old;
Her back is bowed, her hands are cold,
    My mother.
I know not what to do or say;
1 can but send a kiss each day
    To Mother,
    My mother.
And wheresoe'er my footfall lands
There is but one who understands:
    My mother.
I know my mother prays for me.
Oh, God, look down in sympathy
    On Mother,
    My mother.

Geluk #

Wie sal vir my geluk bring,
Wie sal vir my kom sing
Van reën en sonskyn en liefde,
Of enige mooie ding?

Wie sal vir my 'n reënboog
Span oor die hemelkring,
Of aan my gee die vrede
Van dagbreek en skemering?

O, wie sal vir my geluk bring,
Wie sal vir my kom sing
Van al hierdie mooie dinge —
Of enige mooie ding?

Nee! #

Opgedra aan dr. Leyds

      Nee, nee, nee! 
O, wou dat God ons 'n man wil gee,
'n Man uit yster en staal gesmee,
    Wie se ja is sy ja,
    Wie se nee is sy nee —
      Nee!

Die Slagoffer #

Nooit sal ons vergeet
die smart, die leed
die mes, die kwes
die vloed van bloed
vanuit sy hart.

Elandslaagte #

Die dooies lê hier dikgesaai
Die Kakie het hul afgemaai
Victoria! het hy gekraai.

Lewe die Republiek! #

Jy wat die voorgeslag
Diep in jou siel verag;
Jy wat die vaders bou
Nie vir jou kind wil hou:
Jy is bankrot en siek —
Lewe die Republiek!

Jy wat ons ideaal
Diep in die graf laat daal;,
Jy wat ons nasietrou
Nie meer in ere hou:
Draai jy maar vas die briek —
Lewe die Republiek!

Ja, daar is mooi musiek
In die woord Republiek!
O, Afrikaner-hart
Al lyk dit nóg so swart
Niks sal die stroom ooit keer —
Vryheid sal triomfeer!

Ons, Afrikaners #

Ons, Afrikaners, is 'n nasie,
Ons het ons eie taal, gebore, saam met ons,
Hier in Suid-Afrika.
Ons het ons eie geskiedenis.
Ons het ons eie godsdiens en tradisies.
Ons het ons eie roeping.

God het ons nie verniet hier onder die
Suiderkruis geplaas nie.
Hy het Sy doel gehad met die Hugenote
én met die Geuse; met die Voortrekkers
én met die Boereoorlog; met Botha
én met Hertzog.
Hy het vandag ook nog Sy doel met ons,
Die grootste, blywende, blanke gemeenskap
in Afrika. 

Ons sal ons Kruis eerbiedig dra —
Voorwaarts, Diets-Suid-Afrika!

Die Baarde #

Op dees aarde
Kyk die baarde!
Die jonge, die bejaarde,
Die penkop, die grysaarde,
Die niksnuts, die vermaarde,
Die raaspot, die bedaarde,
Die helde en lafaarde,
Die esels en die paarde,
Die seuns in substandaarde,
En selfs sy Hoogeerwaarde —

Almal dra nou baardel!

Some Fashions #

Some fashions, my dear,
1 think, Ifear,
Are getting —
Perhaps 'm fretting —

Shrewder and shrewder,
Cruder and cruder,
Lewder and lewder,
Ruder and ruder,
Nuder and nuder.

Poor Adam and Eve,
Would both, I believe,
Be mocking
And yelling: how shocking!

Forgotten Memories #

Vir ons dogter Ellen

The little song you used to sing
Reminds me now of everything —
Of this and that and other matters:
“Put on your tiny little tatters.”

Forgotten memories you bring
My whole soul back to everyfhing —
To all in life that really matters:
“Put on your tiny little tatters.”

Ode to a Beautiful Girl #

You are so pretty, but o my
There is an ointment in the fly —
Alas I am a married man
And that is all I say | can.

For Evermore #

There are so many billows
That never reach the shore,
That on their endless errands
    Go on, for evermore.

So shall in ceaseless beating
For ever, evermore
My heart continue seeking
    You, whom I adore.

Klein Swart Kindjie #

Ek ken 'n klein swart kindjie
Wat maer en uitgeteer
Daar by sy pa se strooihuis sit
En bid: Ag, Liewe Heer ...

En die skrale najaarswindjie
Speel oor hom, heen en weer.

Ek vra die klein swart kindjie
Wat hom dan tog makeer.
Toe antwoord net die windjie:
Ag foeitog, Liewe Heer ...

Jy Het Diamante en Pêrels #

(Vry vertaling van “Du hast Diamanten und Perlen”, deur Heinrich Heine)

Jy het diamante en pêrels,
Jy't alles wat mense begeer,
En jy het die mooiste oë —
My liefste, wat wil jy meer?

Oor jou twee bloue oë
Het ek al menige keer
Onsterflike verse geskrywe —
My liefste, wat wil jy meer?

Met jou twee bloue oë
Het jy my gemaak so seer,
Jy't my tot my val gedrywe —
My liefste, wat wil jy meer?

“Dichter sind Lügner” #

Vry vertaal

“Ewig, ewig sou ek só —
As ek nou my hart moes go —
Met my hoof op jou kan rus
Diep ontroer deur elke kus —
Ewig, ewig, ewig só —
As ek nou my hart moes glo!”

“O, maar jy kan vreeslik jok!
Dink jy om my só te lok?
Wat jy my nou daar vertel
Het jy ook gesê vir ... Nell!
Ewig, ewig is jul so —
Nooit sal ek in digters glo!”